Maanskadu


as die volmaan soos vanoggend vroeg

geel en bottervet

laag deur sneeubewitte boomtakke

oor witgeskrikte sneeuland lê….

hoor ek die roepstem uit die skaduland

wat trek aan my siel

en pluk aan my hand

om in swart-wit bosse my spoor te gaan hardloop

te huil soos ‘n wolf en wild te wees….

my band met die kosmos te vier

op hierdie vreemde manier

en ek sal lyk soos ‘n honger spook

en klink soos ‘n vals klavier

maar ver van stad se rook

maan op my gesig

sterre in my oë

lag in my mond

sal ek veertjielig soos ‘n skadugees

kaal tone in mosgrond

weer die kind kan wees….

Net voor ek vrek van die koue.

3 thoughts on “Maanskadu

  1. Wonder of ek en jy dalk met die maan gepla is 😳 want wanneer ek die helder volmaan so op grasvelde sien skyn, kry ek dieselfde gevoel om los te ruk uit die saai menslike bestaan en wild oor die vlaktes te hardloop en spring en uiting te gee aan my meer oertydse gevoelens. Pragtig geskryf!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s