Oor Stokstert
Hallo, ek is Stokstert en welkom in my donker hoekie van die interweps.
Ietsie oor my; Ek is ’n stereotipe man, blank, êrens in die 40 en Afrikaans. Ek is getroud met Maraai en ons het twee fantastiese dogters saam gemaak. Hulle is nou ook al mooi groot, maar ek is nog steeds net so trots op myself as ek na hulle kyk. Hulle is loshande die mooiste en beste goed wat ek in my lewe gemaak het, al het ek ’n minderheidsaandeel in die proses gehad. Die drie vrouens in my lewe het in die jare wat ons al saam is my lewe gevorm en sin gegee.
Baie ander mense het in my lewe ingekom en sommige het weer weggegaan, maar dit voel asof hierdie drie vrouens my hele lewe lank al by my is. Elkeen met haar eie spesifieke karakter en persoonlikheid en tog op ’n vreemde, ondefinieerbare manier dieselfde.
As jy wil weet wat ek is, waar my wortels lê en waarvan ek snags droom lees dan hier.
Ietsie oor hierdie blog; Hierdie blog is vir myself en as jy hier iets lees wat jou nie aanstaan nie beteken dit maar een ding. Jy moet blitsvinnig iets anders gaan doen. As jy hou van wat jy lees, hang gerus rond, meer verbale diarree volg.
Hi!
Ek is ‘n “smeerkasie” en lees graag oor Nederland.
My pa is ingevoer van Ijmuiden af en het met ‘n boerenooi getrou. Ek korrespondeer darem so bietjie met daardie kant van my familie, maar droom nog maar net om daar te gaan kuier. Seepkissie is dan ook ‘n plekkie waar ek sommer oor alles gesels – en waar hulle lees en selfs al ‘n slag of wat kommentaar gelewer het.
Ek hoop om nou weer meer tyd te hê om blogs te lees en sal beslis joune volg!
Geseënde Kersfees!
Hallo,
welkom op my bloggie. Dit is heerlik om ons “roots” te ontdek. Die Nederlanders is nie so veel anders as ons nie, as mens net deur die oppervlak heen krap.
Ek sal verseker jou blog volg.
Lekker kersfeees en goeie nuwejaar.
Hallo Stokstert! Ek slurp ook gewoonlik als op van Nederland. My Oupa is van Noord-Brabant, ek wil nog graag soontoe gaan en sy geboorteplek opsoek. Hy het Nederland as jong onnie verlaat om in SA die Hollanders te gaan onderrig, toe begin hy sy eie skool – eers in sy eie huis. Ek geniet dit om die Nederlandse taal te lees en vra altyd die Nederlandse skaakspelers om in Nederlands vir my te skryf op die skaaksite waar ek aanlyn speel.
O ja, ek kon sommer in dieselfde asem gese het..Voorspoedige Nuwe Jaar!
Ek lag nou so – die huismense dink ek het my kop verloor! Moet maar vir hulle copy and paste sodat hulle dit later kan lees – briljant! Baie geluk met jou “achievement” – en ‘n groot dankie vir my klip