My eerste herinneringe

Junie 14th, 2011 § Lewer Kommentaar

Ek was drie of vier jaar oud en ek het in ‘n melkstal gestaan. Dit was koud en donker en reusagtige swart en wit Frieskoeibene het soos bome die stal vol gestaan. My pa was daar en die blikemmerkonsert van ‘n melkery wat in volle swang was het die stal gevul. Die reuk van melk en koeimis ontsteek daardie gedagte vandag nog by my.

So onthou ek Brakspruit. Vlae dowwe herinneringe kom soms terug. Die val van Verwoerd se bruin-wit gevlekte nek af tot in die krip. My driewiel ekspedisie dorp toe omdat ek nie saam vendusie toe kon gaan nie. En die verraad van die buurman wat met sy bakkie by my gestop het op die grondpad en aangebied het om my saam te neem vendusie toe en my toe by die huis gaan aflaai het. My verontwaardiging daaroor. Besoeke aan die landerye in die bakkie. En aan die slaap raak op die voorsitplek in die lui wintersonnetjie terwyl my pa sy loop deur die landerye loop. Koue koffie uit ‘n fles. Vandag nog bring die smaak van koue koffie daardie herinneringe in ‘n flits terug.

En om een of ander rede onthou ek die sandsteen hoeksteen van die plaashuis. Geen idee waarom daardie een stuk sandsteenblok in my geheue bly vassteek nie. Miskien is dit omdat daar die fondament gelê is van wie ek is. En dat daardie stuk sandsteen my fondament en hoeksteen simboliseer.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

What’s this?

You are currently reading My eerste herinneringe at Stokstert.

meta

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.