‘n Bietjie minder vleis
Mei 10th, 2011 § 5 Kommentaar
‘n Goeie vriend van my is ‘n veganis. Voor hy een geword het het ek gedink veganiste kom van die planeet Vegan af. Hy eet nou al byna ‘n jaar lank geen dierprodukte nie. Ook nie kos wat verwerkte dierprodukte bevat nie. Dit beteken geen vleis, eiers, suiwelprodukte of biltong nie. En nog ‘n hele klomp ander goed soos suiker en sout. Ek het enorme respek vir die manier waarop hy dit doen. Sonder om opdringerig of prekerig te wees.
Sy sussie is sowat ‘n jaar gelede gediagnoseer met kanker en om haar te motiveer het hy besluit om saam met haar hierdie anti-kanker dieët te volg. Sy is intussen oorlede, maar hy is nog steeds veganisties. Soos hy verduidelik hou hy dit vol deels uit respek vir haar en deels omdat dit gesond is. Hy het in die tyd byna 25 kg verloor en lyk baie goed.
Hy is nie veganis omdat hy die diere jammer kry nie. Volgens hom is hulle daar om geëet te word deur die nie-veganiste soos ek. Ek is self ook baie lief vir diere. Veral met ‘n goeie sousie en ‘n lekker glas wyn.
Maar, na ek die naweek weer lank met hom gesels het het ek besluit om ook ‘n bietjie minder vleis te eet. Ek is nog nie oortuig daarvan nie, maar baie slim mense sê dat te veel vleis nie goed is vir mens nie. Daarom het ek en Maraai besluit om een aand in die week geen vleis te eet nie. ‘n Soort meatless Monday. Ons het gisteraand begin. Ek sal beslis moet gewoond raak hieraan, maar ek is seker as ek dit lank genoeg doen sal dit later nie meer so moeilik wees nie.
Gisteraand se syskaart: Lekker vars groente, net skrik gemaak in kookwater, rys met ‘n lekker sousie, ‘n groot slaai met vars tamaties, slaaiblare, Feta kaas en stukkies avokado deur en ‘n groot stuk gebraaide hoender.
“…’n groot stuk gebraaide hoeder.” My swaer van Namakwaland glo ook hoeder is groente :mr green:
Die Namakwalanders glo selfs skaap is groente!
LOL, amper sien ek nie die stuk hoender raak nie!
My een broer is ook aan kanker oorlede, en ek het dieselfde gevind in al my navorsing. So baie wat ons eet is glad nie goed vir ons nie. Nou nie dat ek my daaraan steur nie.
As ek ooit eendag ophou om vleisprodukte te eet, sal dit daaroor wees. Intussen hou ek aan vleis vreet omdat die dierliefhebbers my grensloos irriteer.
Jammer oor jou broer. Ek dink soms ons kry meer skadelike goed in deur wat ons eet as goeie goed.
mmm, een diereliefhebber wat jou blog lees …
sonder om jou te irriteer – vegetaries eet is heerlik. ons het nog nooit so veelsydig geëet nie, mens mis die vleis glad nie. ek kan net sê dankie darem vir een dag!
“There will come a time…when civilized people will look back in horror on our generation and the ones that preceded it: the idea that we should eat other living things running around on four legs, that we should raise them just for the purpose of killing them! The people of the future will say “meat-eaters!” in disgust and regard us in the same way we regard cannibals and cannibalism”
-Dennis Weaver (actor)