Week 44-2010

November 8th, 2010 § Lewer Kommentaar

  • In Athene het twee mans probeer om bombriewe te verstuur. Een van die briewe was gerig aan die Nederlandse ambassade. Die bombriewe het vroegtydig afgegaan en ‘n medewerkster van die koeriersdiens is in die ontploffing beseer. Die mans het die briewe by verskillende koeriersdienste afgelewer, maar deur die vroegtydige ontploffing kon die meeste van die pakkette onderskep word deur die polisie. Twee mans is gearresteer.
  • Volgens die binnelandse inligtingsdiens (AIVD) het die dreiging wat uitgaan van militante regs-ekstremistiese groerings in Nederland in die afgelope drie jaar gehalveer. Die dreiging vanuit regs-ekstremistiese kringe is gering, stel die AIVD. Die AIVD maak ‘n onderskeid tussen ekstreem-regse organisasies en regs-ekstremistiese groeperings. Ekstreem-regse organisasies kenmerk hulself met zenofobiese of nasionalistiese gedagtegoed, maar ywer op ‘n demokratiese manier vir die bevordering van hulle doelstellings. ‘n Voorbeeld van ‘n ekstreem-regse groep in Nederland is die organisasie Voorpost wat stry vir die hereninging van Nederland en Vlaandere. Regs-ekstremiste daarenteen is groepe en organisasies wat op nie-demokratiese maniere te werk gaan om hul doelstellings te bevorder.
  • Tanja Nijmeijer wil nie gered word nie en “sal bly veg tot die oorwinning of die dood”. Dit verklaar die Nederlandse FARC-strydster in ‘n onderhoud met ‘n Colombiaanse joernalis. In 1998 het Tanja Colombia toe gegaan om daar as onderwyseres te werk, maar die sosiale ongelykheid in Colombia het haar so aangegryp dat sy by die FARC aangesluit het.By ‘n aanval op ‘n FARC-kamp in 2007 is Tanja se dagboek gevind. Dit was die eerste aanduiding dat sy by die FARC aangesluit het. Sy werk as instrukteur en vertaalster vir die FARC. ‘n Aantal weke gelede is ‘n kamp waar Tanja werksaam was gebombardeer deur die Colombiaanse weermag.  Gerugte was dat sy omgekom het by die bombardement, maar dit blyk agteraf nie waar te wees nie.
  • Minister Opstelten van Veiligheid en Justisie wil die omstrede boetekwota van die polisie so vinnig as moontlik laat afskaf. Hy het in ‘n brief aan die polisiekorpse in Nederland geskryf dat hulle onmiddelik die praktyk moet stopsit. Die minimum kwota boetes wat polisiemense in ‘n jaar moet uitksryf is vir die regering ‘n doring in die oog, stel Opstelten. Dit lyk asof die enigste doel van ‘n boete is om aan die kwota te voldoen, terwyl die eintlike doel moet wees om oortredings te bestraf, volgens Opstelten. Die parlement is al langer ongelukkig met die boetekwota en ook polisievakbonde is al enige tyd ongerus oor die stelsel.
  • Die polisie het in ‘n loods by Snakkerbuuren naby Leeuwarden op 7000 kilogram onwettige vuurwerk afgekom. Volgens die polisie in die noorde van die land is dit een van die grootste vangste van onwettige vuurwerk in jare. Daar was sprake van ontploffingsgevaar. In die loods langs die vuurwerk het suurstoftenks en ‘n brandstoftenk gestaan. Na ‘n anonieme oproep het die polisie op die snelweg A32 ‘n man van 68 gearresteer. Hy het die polisie na die loods gelei waar ‘n vrou en twee ander mand aanwesig was. Al drie is gearresteer, maar die vrou is later weer vrygelaat.
  • Drie Nederlanders het omgekom in ‘n vliegtuigongeluk op Kuba. 61 Passassiers en sewe bemanningslede is dood nadat die passassiersvliegtuig neergestort het naby Guasimal in die middel van Kuba. Dit was een van die laaste vlugte voordat die orkaan Tomas Kuba sou bereik. Ooggetuies het gemeld dat hulle ‘n bol vuur in die lug gesien het, waarna die vliegtuig geval het. Dit is onduidelik of die weer ‘n rol gespeel het by die ongeluk.
  • Drie Amerikaanse seuns wat in 2008 deur hul vaders ontvoer is uit Kalifornië is in Nederland teruggevind. Die seuns is nou 11,12 en 14 jaar oud. Hulle vaders is broers van Siriese afkoms. Die manne het hul kinders nie na hul vrouens teruggebring na ‘n besoek nie en by ondersoek van hul huise het geblyk dat hulle haastig gevlug het. Hulle het met die kinders na Griekeland gevlug en die Amerikaanse polisie het vermoed dat hulle daarvandaan na Sirië vertrek het. Die Nederlandse polisie het met hulp van die FBI agtergekom dat die manne met valse name in ‘n asielsentrum in Dronten was. Die mans is gearresteer en word waarskynlik aan die VS uitgelewer. Hul ouers in Griekeland is ook gearresteer op verdenking van betrokkenheid by die ontvoering,. Die seuns is met hul moeders herenig.

Tagged: , , , , , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

What’s this?

You are currently reading Week 44-2010 at Stokstert.

meta

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.