Week 43-2010
November 1st, 2010 § Lewer Kommentaar
- Die nasionale speurdiens het in Haarlem ‘n groot internasionale kriminele rekenaarnetwerk, ‘n sogenaamde “botnet”, onskadelik gemaak en 143 besmette servers afgeskakel. Vir die ontmantelingsoperasie van die Bredolab-netwerk het die cybercrime-eenheid tydelik hul intrek geneem in die direksiekamer van die rekenaarbedryf in Haarlem. Die Bredolab-netwerk het sedert Julie 2009 wêreldwyd ten misnte 30 miljoen rekenaars besmet met virusse. Die rekenaars het besmet geraak deurdat die eienaars ‘n besmette bylae van ‘n e-pos berig geopen het. Die besmette rekenaars het vervolgens alle opdragte uitgevoer wat die eienaar van die “botnet” verstuur het. Die netwerk is ontmantel, maar die eienaar van die “botnet”, ‘n Armeniër, is nog op vrye voete. Die cybercrime-eenheid vrees dat die kans groot is dat hy sy werksaamhede elders sal voortsit.
- Die Nederlandse hulpverlener wat in Afghanistan ontvoer is werk vir die internasionale hulporganisasie Streams Afghanistan. Die organisasie word deur verskillende internasionale fondse ondersteun. Die man werk in die Miracle Centre in die stad Taloqan in de noordelike provinsie Takhar. In die Miracle Centre word gestremde kinders behandel en hul ouers begelei.Die informatie oor die organisatie is intussen van internet gehaal. Die ministerie van Buitelandse Sake doen in verband met die veiligheid van die Nederlander geen mededelings oor sy identiteit. Die minister van Buitelandse Sake Uri Rosenthal het bekend gemaak dat geen losgeld betaal sal word nie.
- Vriend en vyand het die nuwe premier Mark Rutte gekomplimenteer met sy vriendelike, oop houding tydens die openingsdebat oor die regeringsverklaring. Die enigste punt van kritiek was sy hantering van die dubbele-paspoort kwessie van onderminister Veldhuijzen van Zanten. Sy het ‘n Sweedse en Nederlandse paspoort. Rutte het gesê dat as sy ‘n Turkse paspoort gehad het dit ‘n probleem sou kon veroorsaak het, maar die feit dat sy ‘n Sweedse paspoort het het geen probleem gevorm nie. Sy redenasie is dat die Turkse owerheid aktief inmeng met hulle burgers in die buiteland terwyl daar vanuit die Sweedse regering geen sprake van is nie. Die opposisie het fel gereageer op hierdie stelling.
- Vir die vierde jaar na mekaar mag Armin van Buuren homself die beste DJ ter wêreld noem. Dit is ‘n opmerklike prestasie, want nooit vantevore het dit voorgekom dat dieselfde DJ vier jaar na mekaar die toekenning wen nie. Van Buuren vind die titel ‘n beitjie oodryf. “Miskien populêrste, maar nie die beste nie.” was sy reaksie. Die Engelse musiektydskrif DJ-Mag publiseer jaarliks die lys met die beste DJ’s van die wêreld. Van Buuren is beskeie, hy het verwag dat David Guetta sou wen. In die toptien lys van beste DJs kom drie Nederlanders voor.
- ‘n 37-jarige man is op Terschelling deur die polisie gearresteer omdat hy ‘n groot hoeveelheid vuurwerk in sy kar op die veerboot na die eiland toe vervoer het. In sy kar het die polisie elf dose gevind met daarin 190 kilogram swaar vuurwerk. Die polisie op Terschelling het geweet dat die man met die veerboot sou aankom en het hom in die hawe opgewag. Hy kon direk met die boot weer terugkeer na die vasteland toe. Hy kan tot ‘n swaar boete of tronkstraf van ses jaar veroordeel word as hy skuldig bevind word.
- Veeartse vind dat nog voor die winter begin in die Oostvaardersplasse wild uitgeskiet moet word. Om te wag tot die diere verswak is van die honger is volgens hulle nie menslik nie. Die gebied in Flevoland is te klein vir die wild wat daar leef. Omdat die diere nêrens anders heen kan gaan op soek na voer tydens die wintermaande nie nie is daar geen sprake van vrye natuur nie. Daarom is die mens moreeel verplig om in te gryp. Elke winter ontstaan beroering oor diere op die Oostvaardersplasse wat van die honger doodgaan, terwyl natuurbewaring weier om in te gryp.
- Skrywer Harry Mulisch (83) is oorlede. Hy was die laaste oorgeblewene van die “Groot drie”, na die dood van Gerard Reve en W.F. Hermans. Mulisch was een van die bekendste Nederlandse skrywers van die twintigste eeu. Hy het meer as tien romans geskryf en tientalle ander boeke. Hy was naas skrywer ook digter en teaterskrywer. Sy boeke is in allerlei tale vertaal. Van sy bekendste werke was “De Aanslag”, waarvan die verfilming in 1987 ‘n Oscar gewen het en “De ontdekking van de hemel” wat drie jaar gelede uitgeroep is tot beste Nederlandstalige boek van alle tye. Mulisch self het altyd gevind dat sy werklike leeftyd ongeveer sewentien jaar was. ‘n Adolesent van tagtig, het hy homself op sy tagtigste verjaardag genoem.