Tonteldoos

Oktober 28th, 2010 § 5 Kommentaar

Vir my is een van die lekkerste stokperdjies van my verblyf in Nederland die ontdekking van die wortels van ons taal en kultuur. Soms word jy op verrassende wyse gekonfronteer met ‘n woord of uitdrukking wat op ‘n sekere manier gebruik word en waarmee die ontstaan en gebruik van sommige Afrikaanse woorde en uitdrukkings verklaar kan word.

Een van die mooistes wat ek onlangs ontdek het was die tonteldoos. Ons het almal op skool geleer van die tonteldoos. Dit was ‘n dosie wat ons voorouers gebruik het om vuur mee te maak. In die dosie was brandbare materiaal, ‘n vuursteen en ‘n yster ringetjie. Deur die ringetjie teen die vuursteen te skraap kon jy vonke veroorsaak waarmee die brandbare materiaal begin gloei. Deur versigtig daarop te blaas kon jy die spul laat brand. Eintlik die voorganger van die vuurhoutjieboksie. Ek kan my nog goed die beeld herinner wat ek gehad het van die eensame boeresoldaat wat in die aand sy tonteldoos uit sy saalsak haal en dan ‘n klein vuurtjie aanmekaarskraap om koffie te maak en warm te bly.

Die brandbare materiaal in die tonteldoos is “tondel” genoem. Vandaar die naam tonteldoos. (Oud nederlands: Tondeldoos)

Oral in Europa groei ‘n soort boomswam, tonderswam genoem. Die swam groei horisontaal teen die stamme van bome en steek soos ‘n platformpie uit van die boomstam. Dit het ‘n gryserige kleur en harde bros tekstuur. Deur ‘n chemiese proses breek die swam die boom se houtvesels af en herproduseer dit om die harde tekstuur te vorm.

As ‘n tonderswam fyngemaal word kry jy ‘n hoogs vlambare grys poeier. Dit is presies die poeier wat in die outydse tonteldose gebruik was as brandbare materiaal. En dit is ook waar die naam tondeldoos (Afr: tonteldoos) sy oorsprong het; Van die bekende Europese tonderswam wat vandag nog aan elke tweede boom in die bos groei.

Nog ‘n interessante weetjie oor die tonderswam is dat die oudste menslike mummie wat ooit in Europa gevind is, Ötzi, uit die Italiaanse Ötztahler Alpe, tonderswam en vuursteen by hom gehad het. Ötzti het volgens berekeninge so 5000 jaar gelede al sy vuurtjies in die Alpe gemaak.

Tagged: , ,

§ 5 Responses to Tonteldoos

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

What’s this?

You are currently reading Tonteldoos at Stokstert.

meta

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.